
Hoërskool Pietersburg is die enigste Afrikaans-enkelmedium hoërskool in die Limpopo Provinsie en bied topklas onderrig in ’n taal- en kultuurvriendelike omgewing. Dis nie net akademiese uitnemendheid wat hier hoog geag word nie, maar ook karaktervorming en goeie waardes.
Hierdie unieke status vorm die kern van die skool se identiteit en kultuur. As die top akademiese skool in die Noorde, skep PHS ‘n ondersteunende omgewing met toegewyde onderwysers wat leerders aanspoor om hul volle potensiaal te bereik.
By PHS is ons toegewyd aan die omvattende ontwikkeling van elke leerder – daarom vorm sport en kultuur ‘n integrale deel van ons skoolgemeenskap. Met ’n wye verskeidenheid sportsoorte en kultuuraktiwiteite, bied PHS vir elke leerder die geleentheid om hul talente te ontwikkel, selfvertroue te bou en deel te wees van ’n trotse Pietie-span.
Vir meer as 104 jaar word PHS gedryf deur sterk tradisies, Christelike waardes en ’n hegte gemeenskap van ouers, personeel en leerders. Ons koop nie uitnemendheid nie; ons bou dit. Dit is dié kultuur wat PHS uniek maak: ’n skool waar elke leerder welkom voel, waar ons “groot gaan”, en waar uitnemendheid nie net ’n droom is nie, maar ’n leefwyse.

Sport by PHS is meer as net deelname – dis passie, trots en prestasie. Met 13 verskillende sportsoorte, van rugby, netbal en atletiek tot hokkie, swem en krieket, wys ons Pieties jaar na jaar hoekom ons Limpopo se topsportskool is. Ons afrigters is kundiges, ons fasiliteite is eer steklas en ons leerders leer om met karakter, moed en deursettingsvermoë te kompeteer op provinsiale sowel as nasionale vlak.
By PHS het verskeie sportlegendes hul eerste tree gegee – van Victor Matfield en Deon Fourie tot Nadine Roos en Janus Roberts – ’n bewys dat ons skool ’n ware tuiste van uitnemendheid en uitsonderlike sporttalent is.
Getrou aan ons leuse, Per Aspera Ad Astra, inspireer ons elke Pietie om hoog te mik en nóg hoër te reik na die sterre!
Kontak:
Sporthoof: Me Elmari Craig 015 297 3201
Adres: 125 Dorpstraat, Polokwane, 0699
Webwerf: www.pieties.co.za
- Facebook: @Hoërskool Pietersburg ((1) Facebook)
- Instagram: @hs_pietersburg (Instagram)
- Youtube: @pietersburghskool (Hoërskool Pietersburg – YouTube)





